Enkelbos Plaaswinkel bied topgehalte Lamsvleis, Beesvleis en Boerewors – alles vars voorberei en met sorg verpak.
Stuur u bestelling direk aan JP Nel by 072 845 7047. Meld die produk(te) en die verlangde hoeveelheid (onthou die minimum van 5kg vir beesprodukte).
Sodra u vars bestelling gereed is, sal u 'n veilige Yoco betaalskakel ontvang. Die finale bedrag sluit die vleis (kg x tarief) plus 'n afleweringsfooi in.
Na betaling word u plaasvars, kwaliteit vleis direk by u huis afgelewer!
Van ons bekroonde lam tot ons gewilde Boerewors en 'n verskeidenheid braaivleis-gunstelinge, hier is ons volledige lys vars produkte en pryse. Kwaliteit wat jy kan vertrou!
R145/kg
R150/kg
R120/kg
R160/kg
R120/kg
R140/kg
R120 vir 6
R160/kg
Die plaas Enkelbos in die Vryburg distrik is al vir meer as 20 jaar in ons familie. Ons het ‘n gemengde boerdery wat bestaan uit Bees, Skaap en Hoender. Pa Tjaart en Ma Christel Steyn boer met Bees, waar Jp en Melinda Nel met Skaap en Hoender boer, asook die Plaaswinkel behartig.
Ons het 2022, die stad verruil vir ‘n plaaslewe.
Melinda het in 2009 ‘n hartooroplanting gehad op ‘n jong ouderdom van 13. Pa Tjaart het op 21 ‘n hartoorplanting gehad. Saam, vier hulle al meer as 50 jaar van ekstra lewe met hul nuwe harte. Vir ons as familie is hul skenkers ons grootste helde. Sonder hulle, sou niks van hierdie moontlik gewees het nie. Ons wil elke deeltjie van ons lewens voluit leef in die natuur.
By Enkelbos, is tweedekanse ons lewenswyse waarop ons elke taak wat ons verrig, aanpak. Tweedekanse is immers die rede hoekom ons vandag hierdie besigheid kan bedryf.
In ‘n wêreld wat al meer vreemd raak, bly ons produkte so na aan organies as moontlik. In 2025 is ons gekroon as Lamb Champs Pretoria se kampoeine. Die beste lamsvleis in die land. So ons vleis is van top gehalte!
Dit is ‘n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en ‘n liefde vir dit wat jy doen. Ons is trots op die kwaliteit wat ons lewer en daarom het ons die plaaswinkel op die been gebring om ook aan die mense daar buite, kwaliteit vleis te kan voorsien.
Die Here se genade vir ons is ongelooflik groot en ons deel graag ons storie met enige iemand wat belangstel. Ondersteun plaaslike kwaliteit.
Enkelbos, ‘n venster in ons wêreld in.
Bestellings en Navrae: JP Nel
Die tuiste van Enkelbos Dorpers en Enkelbos Plaaswinkel.
© Kopiereg. Enkelbos Winkel. Alle Regte Voorbehou.